Welkom By Laerskool Overberg
Laerskool Overberg is geleë in die hartjie van die Overberg, Caledon in die Wes-Kaap. Ons beskik oor 'n toegewyde, talentvolle en goed opgeleide personeel met 'n uitstekende opvoedkundige program. 'n Hoë akademiese standaard word gehandhaaf en spesiale aandag word aan buitemuurse bedrywighede gegee sodat elke leerder se volle potensiaal ontwikkel kan word.
ONS VISIE
'n Voorkeurskool vir u kind want ...
ons strewe na uitnemendheid.
ONS MISSIE
KIND:
- Om vir die kind 'n veilige, gelukkige, uitdagende en gedissiplineerde leeromgewing te skep. Om die kind te lei tot onafhanklike kritiese denke.
- Om die kind se onderrig te fundeer op Christelike norms en waardes.
- Om die kind in geheel te laat ontwikkel op akademiese-, kulturele-, geestelike- en sportgebied. [holistiese ontwikkeling].
- Om lewens en tegniese vaardighede by die kind te ontwikkel.
- Om die kind so te ontwikkel dat hulle mede-eienaarskap kan aanvaar en verantwoordelike en verantwoordbare aandeelhouers sal wees.
GEMEENSKAP:
Om alle moontlike hulpbronne in die gemeenskap aan te wend vir die ontwikkeling van die kind se volle potensiaal.
OUERS:
Om ouerondersteuning en -betrokkenheid maksimaal aan te moedig.
OPVOEDERS:
- Om die opvoeders te bemagtig om 'n interaktiewe onderrigbenadering te gebruik.[deelnemende]
- Om professionaliteit tussen personeel op te bou binne 'n gemotiveerde omgewing.
- Om deur middel van personeelopleiding die personeel op 'n breë gebied te bemagtig.
- Om 'n lewenslustige, dinamiese en tevrede personeel te ontwikkel.
KURRIKULUM:
Om 'n verskeidenheid van akademiese- en buitemuurse aktiwiteite van kwaliteit deurlopend te ontwikkel.
OMGEWING:
Om 'n estetiese vleiende en veilige omgewing te ontwikkel.
Hou in gedagte...
Laerskool Overberg het in sy wese 'n Christelike karakter. Onderrig en interaksie in die skool is Christelik gefundeer.