Omsendbrief

 

Omsendbrief   2/2012                                                                                              3 Februarie 2012

 

Geagte ouers

1.      BEHEERLIGGAAMVERKIESING

A.g.v. ‘n verandering in die regulasies, was ons genoodsaak om die beheerliggaamverkiesing na  Woensdag, 15 Maart 2012 te skuif.

Die volgende portefeuljes sal vakant wees  :

Voorsitter van die beheerliggaam :

  • Neem leiding met strategiese beplanning van die skool.
  • Beklee die voorsitterstoel van beheerliggaamvergaderinge.
  • Sien toe dat verskillende komitees se werksaamhede vlot verloop.
  • Samestelling van skoolbeleid.
  • Moet op hoogte wees van skoolwetgewing.

Tesourier :

  • Verantwoordelik vir die strategiese beplanning ten opsigte van finansies.
  • Voorsitter van die finansiële komitee wat twee keer per kwartaal vergader.
  • Samestelling van die jaarlikse begroting.
  • Bestuur van debiteure / vrystellings / gedeeltelike vrystellings.
  • Beheeruitoefening oor skool se inkomste en uitgawes.

OOV – verteenwoordiger :

  • Verantwoordelik vir die strategiese beplanning vir fondsinsameling – Identifiseer behoeftes / Prioritisering van behoeftes.
  • Tree as voorsitter van OOV – bestuur op.
  • Verantwoordelik vir die bestuur van alle fondsinsamelingsprojekte.
  • Innoverende denke ten opsigte van fondsinsameling.

Geboue / Terrein :

  • Verantwoordelik vir strategiese beplanning ten opsigte van geboue / terrein.
  • Identifiseer gebreke aan geboue / terrein.
  • Sien toe dat projekte aan geboue afgehandel word.
  • Gereelde inspeksies van geboue / terrein.
  • Vergader op gereelde basis met geboue – komitee.

Sport :

  • Verantwoordelik vir strategiese beplanning ten opsigte van sport.
  • Tree as voorsitter op van sportkomitee.
  • Inisieer fondsinsamelingsprojekte om sportfonds aan te vul.
  • Verantwoordelik vir aanstelling van afrigters van buite waar daar ‘n tekort aan afrigters is.
  • Vergader op gereelde basis met sportkomitee.

Kultuur:

  • Verantwoordelik vir strategiese beplanning ten opsigte van kultuur.
  • Tree as voorsitter van kultuurkomitee op.
  • Verantwoordelik vir die aanstelling van afrigters van buite vir kultuuraktiwiteite.
  • Vergader op gereelde basis met kultuurkomitee.

Voorsitter van dissiplinêre komitee:

  • Tree op as voorsitter van dissiplinêre verhore van leerders.
  • Moet op hoogte wees van skoolwette met betrekking tot dissipline.

Bogenoemde verantwoordelikhede word onververdeel tussen die vyf ouers wat op die beheerliggaam dien. Wanneer u ‘n ouer nader wat u graag wil hê wat op die beheerliggaam moet dien,  moet u en die kandidaat die pligte van die verskillende portefeuljes in gedagte hou.

Ek wil ‘n beroep op alle ouers doen om betrokke te raak by die beheerliggaamverkiesing.

Meegaande ook die volgende vorms : inligtingsvorm i.v.m. die verkiesing, bylae A en registrasievorm vir ouers (stuur registrasievorm terug voor of op Dinsdag, 7 Februarie 2012 na u oudste/enigste kind se klasonderwyser.)

2.      LEERDERS PRESTEER

Baie geluk aan die volgende leerders wat pragtig presteer het.

2.1    Rikus Brand is in die Boland O/13-krieketspan ingesluit.  Hy gaan vanaf  9

         tot 20 Maart 2012 die span in die Verenigde Arabiese Emirate in Dubai verteenwoordig.

2.2    Francois Theron is vir die Boland O/11-tennisspan  gekies.

2.3    Nina Theron slaag klavier eksamen graad 1 en musiekteorie graad 1 met lof.

2.4    Meaceh Johannes slaag musiekteorie graad 1 met lof.

2.5    Jeanne Fick slaag klaviereksamen graad 2 met lof.

2.6    Alex du Plessis slaag musiekteorie graad 2 met lof.

3.      BELANGRIKE DATUMS VIR U DAGBOEK

*  Vrydag, 3 Februarie 2012 : Caledon Streekatletiekbyeenkoms aangebied

    deur Laerskool Overberg.

*  Dinsdag, 7 Februarie 2012, Worcester-Noord atletiekbyeenkoms.

*  Saterdag, 11 Februarie 2012  :  Suid-Boland tennisproewe

*  Dinsdag, 14 Februarie 2012  : Valentyns atletiekbyeenkoms

                                                    (Villiersdorp).

*  Woensdag, 15 Februarie 2012  :  ASLA-atletiekbyeenkoms Hoërskool

                                                         Strand

*  Saterdag, 18 Februarie 2012 : Suid-Boland atletiekbyeenkoms by

Hoërskool Bredasdorp se atletiekbaan.

 

4.      GEBEDSOUERVERGADERING

Die gebedsouervergadering vind plaas op Maandag, 5 Maart 2012 om 18:00 in die WOW-klaskamer. Alle ouers is welkom. Gedurende hierdie tyd word daar o.a. in groepies vir die skool gebid.

5.      KLEINOVIES.COM

Die volgende inligting is o.a. op ons skool se webtuiste, www.kleinovies.com, beskikbaar. Dié Week by Klein-Ovies, nuutste omsendbrief, kwartaalprogram en jaarprogram.

6.      KOMMUNIKASIEKANALE

Indien u probleme met die volgende afdelings van die skool  ondervind, moet u eerstens met die onderwysers hieronder aangedui in verbinding tree.

 

Probleme

Onderwyser

6.1

Akademie

Klasonderwyser of vakonderwyser

6.2

Sport (algemeen)

V. Matthee

6.3

Atletiek

H. Barnard

6.4

Rugby

D. Louw

6.5

Netbal

E. de Jongh

6.6

Mini-krieket

A.  Geldenhuys

6.7

Krieket

V. Matthee

6.8

Hokkie

M. Matthee

6.9

Tennis

M. Basson

6.10

Kultuur

A.  Botes

6.11

Veiligheid van skool

D. Louw

6.12

Leerondersteuning van leerders

Gr. 1 – 3 M. Maree  Gr. 4 – 7  A. Geldenhuys

6.13

Voertuie van skool

A. Geldenhuys

6.14

Noodhulp

M. Maree

6.15

Biblioteek

M. van Deventer

6.16

Finansies

M. du Toit

Indien u nie bevredigende antwoorde op u probleem by bogenoemde persone kry nie, is u welkom om met my in verbinding te tree.

7.      KANKERTEE

Susan Coetzer tree op Saterdag, 18 Februarie 2012 in Laerskool Overberg se skoolsaal op. Die fondsinsameling vind plaas ten bate van kankernavorsing.  Kaartjies is beskikbaar by mev. Chrisna Delport, telefoon 082 944 4505.

8.      GRAAD 4 – 7 OUERAANDE

Daar het ‘n verandering in die datums van ons graad 4 – 7-oueraande ingetree. Die verskillende gr. 4 – 7 oueraande sal soos volg plaasvind.

Graad 6 en 7      :        8 en 9 Februarie 2012

Graad 4 en 5      :        20 en 23 Februarie 2012

U sal inligting ontvang om aan te dui watter spesifieke aand u die ouerinligtingsaand moet bywoon.  (Indien u nie op daardie spesifieke aand die oueraand kan bywoon nie,  moet u met u kind se klasopvoeder in verbinding tree.)

U sal later volledige inligting ontvang.

Vriendelike groete

 

MARIUS KOEKEMOER

SKOOLHOOF

“Die ouerhuis is die kweekskool van

alle ander opvoedinginstansies.”

EH Chapman