‘n Ovie leerder het die reg om na geluister te word, maar die verantwoordelikheid om na ander te luister
‘n Ovie leerder het die reg op ‘n goeie opvoeding, maar die verantwoordelikheid om sy/haar onderwysers te respekteer
‘n Ovie leerder het die reg op liefde en beskerming, maar die verantwoordelikheid om vir ander om te gee en lief te wees
‘n Ovie leerder het die reg op spesiale behandeling, maar die verantwoordelikheid om sy/haar beste te gee
‘n Ovie leerder het die reg om foute te maak, maar die verantwoordelikheid om van sy/haar foute te leer
‘n Ovie leerder het die reg op ‘n mooi en skoon skoolomgewing, maar die verantwoordelikheid om sy/haar skool skoon te hou en nie rommel te strooi of op mure en meubels te skryf nie
‘n Ovie leerder het die reg om gesonde en voedsame kos te eet, maar die verantwoordelikheid om nie kos te mors nie