Historiese Oorsig

Ds. M.C. Vos het in 1811 katkisasieklasse op Saterdagaande vir die jonger geslag ingestel.

In Januarie 1913 is die eerste skoolmeester, mnr. M.O. Maas, na Caledon gestuur.

Op 12 Augustus 1895 smelt die meisie- en seunskool (jongenskool) saam. Mnr. J.C. Gericke word as skoolhoof van Caledon Publieke Skool aangestel. Die Hoër- en Laerskool was in een gebou gehuisves.

In 1935 het die Hoërskool leerders die huidige hoërskool gebou betrek. Mnr. Erasmus is op 1 Januarie 1935 as hoof van die Laerskool aangestel. Vanaf 1955 word die Laerskool se naam na Laerskool Overberg verander.

Gedurende die vierde skoolhoof, mnr. L.A. van Zyl, se termyn, word die huidige gebou opgerig en amptelik op 19 April 1974 ingewy.

Skoolwapen

laerskool overberg skoolwapen

Die skoolwapen is deur mnr. Pama in 1955 ontwerp. Die skool se leuse, Ad Altiora, beteken om hoër te mik.

SKOOL LIED

SCHOOL SONG

Waar die veldblomme prag
Heers met kleur septer sag
Oor die berge, oor kloof en oor vlei,
Waar die graanlande wyd
Soos 'n reuse tapyt oor
Heuwel en bult lê versprei.

Pryk ons groot skoolgebou
Waar ons altyd getrou
ywerig kennis vergaar elke dag
Deur ons spel, deur ons werk
Word ons deeglik versterk
Vir die toekoms se pligte wat wag.

Where sweet flowers abound
on the mountains around
and in valleys their beauty display,
Where like carpets all green
many grain lands are seen
Stretching further and further away

Is our school where each day
both in work and in play
we strengthen our body and mind
Every girl every boy
can with pride and with joy
say that our school's the best you can find.