Gedragskodes

GEDRAGSKODE VIR LEERDERS

Hiermee onderneem die Klein Ovies om:

  • Alle ouers, besoekers by die skool, opvoeders en mede-leerders te respekteer ongeag ras, geslag, godsdiens en taal.
  • Te alle tye 'n hoë vlak van dissipline te handhaaf deur gehoorsaam te wees aan die skoolreëls.
  • Te alle tye lojaal te wees teenoor die skool.
  • Eerlik en opreg te wees.
  • Stiptelik te wees in alle werkopdragte.
  • Wangedrag te rapporteer aan die verantwoordelike opvoeders.

GEDRAGSKODE VIR OPVOEDERS

Hiermee onderneem die Ovie-opvoeders om:

  • Alle leerders by die skool te respekteer ongeag ras, geslag, godsdiens, vermoë,
  • Agtergrond en taal.
  • Te alle tye professioneel teenoor leerders op te tree.
  • Die waardigheid, privaatheid, vertroulikheid en regte van die leerders te eerbiedig.
  • Die individualiteit en behoeftes van elke leerder te erken.
  • Om onder geen omstandighede leerders te verneder nie en hulself te weerhou van enige vorm van fisiese of sielkundige misbruik.
  • Met gesag en deernis teenoor die leerders op te tree.
  • Binne haar/sy vermoë die nodige stappe te doen om die veiligheid van die leerders te verseker.
  • Aanvaarbare taal te gebruik.
  • Nie die leerders seksueel, verbaal of liggaamlik te teister nie.
  • Daarna te strewe om hul leerders in staat te stel om 'n stel waardes, soos vervat in die grondwet van Suid-Afrika, te ontwikkel.

GEDRAGSKODE VIR OUERS

Hiermee onderneem die Ovie-ouers om:

  • Te alle tye die opvoeding van hulle kind(ers) met trots te ondersteun.
  • By alle geleenthede die skool met integriteit, waardigheid en goeie gedrag te ondersteun.
  • Almal wat betrokke by die opvoeding van hulle kind is, met respek en waardigheid te behandel ongeag ras, taal en kultuur.
  • Die kanale wat daar deur die skool geskep is te volg om 'n grief op te los.