Mini-krieket (graad 1 – 3); Krieket; Atletiek; Tennis; Jukskei
Rugby; Netbal; Hokkie
Graad 1 – 7 ontvang een keer per week dwarsdeur die jaar 'n liggaamlike opvoedingsles. Laerskool Overberg het 'n spesiaal opgeleide liggaamlike opvoedingsopvoeder wat 'n uitgewerkte kurrikulum volg waar sportvaardighede van 'n spesifieke seisoen gevolg word.
Laerskool Overberg beskik oor 'n junior en senior koor wat gedurende skooltyd oefen. Die kore tree by verskeie geleenthede in en om Caledon op.
Die skool beskik oor 'n Junior – Ensemble groep/slagorkes wat in skooltyd oefen.
Privaatklasse word in verskillende musiekinstrumente aangebied. Tree met die skool se sekretaresse in verbinding indien u meer inligting verlang.
Die skool neem elke tweede jaar deel aan die plaaslike Overbergse Eisteddfod.
Die jaar waarin die skool nie aan die Eisteddfod deelneem nie, word gewoonlik 'n verskeidenheidskonsert aangebied.
Een kultuurperiode per kwartaal word in die saal aangebied. Tydens hierdie kultuurperiode word die leerders aan verskillende kultuurprodukte soos verskillende musiekinstrumente, redenaars, gedigte en sang blootgestel.
Elke tweede Maandagmiddag word 'n Toptienerbyeenkoms in die sal aangebied.
![]()
Designed by PCWIZODE Web Design